Toetse en Eksamens in Afrikaans

11098292_451468381695923_5110972463959629756_n

Ons almal weet hoe dit voel wanneer alles net te veel raak. Ons wil graag ‘n balans in ons lewens hê, maar skool vra meer as net ‘n paar ure van 8 tot 3!

Wanneer jou dae bietjie vol raak en jy nie tyd het om vraestelle op te stel nie, kan jy dalk dele van hierdie vraestelle deur AfriOnnie gebruik om jou vraestelle op te stel.

AfriOnnie beskryf haarself as volg:

Ek het ‘n passie om mense te leer.  Ek is opgelei as ‘n leerondersteuner en is voltyds as onderwyseres by ‘n skool.  My opsommings en werk hier beskikbaar is hoofsaaklik Afrikaans Huistaal Gr. 3 tot 7 en Afrikaans EAT (al die grade wat die opsommings kan gebruik) en Sosiale Wetenskappe vir Gr . 4.  Ek het tien jaar lank Gr. 4 gegee en het daarom ‘n hart vir die mamma wat ook vir die eerste keer deur al die toetse en eksamens moet gaan.

Hier is ‘n paar van ons gunstelinge:

Advertensie-Voetlief-self-gemaak

Hierdie PowerPoint oor advertensies is perfek vir laerskoolonnies.

maak spelling maklik graad 3

“27 bladsye om spelling maklik te maak.  Prentjies en assosiasies om spelling makliker te maak.  Hierdie is woorde was die afgelope tien jaar die meeste verkeerd gespel of verwar in AfriOnnie se klasse.”

Daar is ook meer as 10 vraestelle waarvan jy kan kies. Meestal vir Afrikaans Huistaal.

Dis darem maar lekker om hulpbronne deur Afrikaanse Onnies te kry op die internet.

Besoek AfriOnnie se bladsy hier.

“Like” AfriOnnie hier op Facebook.

Meneer Vermeulen het baie idees!

Screen Shot 2015-12-15 at 6.47.51 PM.png

Hierdie blog is ook deur ‘n onderwyser gemaak en het baie gratis hulpmiddels. Daar is ook oulike idees vir laerskoolonderwysers om hul klasse meer interessant aan te bied. Die webtuiste word nie meer baie opgedateer nie, maar is nog steeds van ‘n goeie gehalte.

Soek vir die volgende:

  • PowerPoints vir Sosiale Wetenskappe
  • Graad 4 hulpmiddels
  • Oulike idees vir idiome
  • Skakels na ander webtuistes (sommiges is verouderd)

Jy kan ook KABV-dokumente op die webtuiste vind.

Besoek dit hier.

Juffer Juffrou se uitstekende blog

Idees en gedagtes uit 'n juffrou se pen

Idees en gedagtes uit ‘n juffrou se pen

Wanneer ‘n mens op soek is na Grondslagfase-hulpmiddels is Juffer definitief die beste plek om te gaan soek. Juffer het nou al haar blog vir jare lank en het definitief ‘n skatkis van hulpmiddels geskik vir Laerskool-onnies en natuurlik ouers van die klein tjokkertjies.

Gebruik die soekfunksie en jy sal enige iets op die blog vind!

Gaan besoek gerus die webtuiste hier.

Juffer het nou ook ‘n oulike winkeltjie op Teacha! waar ‘n mens haar hulpmiddels vir ‘n appel en ‘n ui kan koop. Dit sal jou ure lank spaar, veral nuwe onnies!