Oulike drukbare werkboekies

Oulike werkboekies vir die grondslag- en intermediêre fase.

Hier is ‘n paar oulike werkboekie wat op ons webtuiste gelaai is. Dis natuurlik meestal vir die grondslagfase, maar hier en daar is daar werkboeke vir die intermediêre fase. Dit is alles drukbare hulpmiddels, so jy koop een en dan mag jy dit vir jou hele klas afrol.

Juffrou 911 se werkboeke

GRAAD 1 AFRIKAANS WERKBOEK – KWARTAAL 3

Graad 1 Afrikaans Werkboek Kwartaal 3 sluit die volgende inhoud in:

1. Hersiening van skryf van kleinletters
2. Pas die kleinletters by hul hoofletters
3. Beginklanke – verskeie aktwiteite
4. Middelklanke – verskeie aktwiteite
5. Klank aktiwiteite slegs a, b, e, o en u
6. Dubbelklanke: aa, ee, oo en uu – Verskeie oefeninge
7. Hersiening van bl, br, kr, st, sr, sp en gr
8. Bou woorde
9. Bou sinne
10. Begripstoets
11. Selfstanige naamwoord en Persoonlike voornaamwoorde

Werkboek is 31 bladsye lank en daar is 14 kleur A4 plakkate.

Kry dit hier

 

GRAAD 1 WISKUNDE – KWARTAAL 3

1. Getalname + getalsimbole

2. Ranggetalle
3. Breek getalle op in ene en tiene
4. Optel en aftrek somme
5. Getallelyn somme
6. Meer as en minder as
7. Halveer
8. Verdubbel
9. Tel
10. Pak die waarde van getalle met tellers uit
11. 2D Vorms
12. 3D Vors
13. Kleure
14. Kalender – beantwoord vrae oor kalender
15. Grafiek – beantwoord vrae oor grafiek
16. Woordsomme
17. Dobbelsteen somme
18. Vloeidiagramme
19. Getalkombinasies
20. Geld
21. Getalpatrone
22. Vorm patrone met vorms
23. Terme: Grootste, kleinste, meeste en minste
24. Watter getal vir voor, tussen en na.

Kry dit hier

 

Oefen kleinletters a – z

Die produk bestaan uit 54 bladsye

Leerders kan kleinletters en hoofletters van a – z oefen deur met ‘n vetkryt of potlood op die stippellyn te trek. Die leerders moet by die swart kol begin en die pyltjie is vir hulle ‘n aanduiding in watter rigting hulle die letter moet begin. Die aktiwiteit leer ook vir leerders om tussen die lyne te skryf. Vir ekstra oefening kan die leerders dan die stippellyn letter onder op die werkkaart oorgaan. Die boekie het ook ‘n voorblad waar leerders se naam ingevul kan word asook hul graad.

Kry dit hier

 

VOORSKOOLSE WERKBOEK – GRAAD R

Bestaan uit 27 bladsye

GRAAD R werkboek sluit in:
– Vorm herkenning
– Oefen om vorms te teken
– Leer om vorms se name te skryf
– Kleure
– Diere, dierename en dieregeluide en oefen hoe om dit te skryf
– en meer!

Kry dit hier

Eazi Peaze se Wiskundewerkboeke

 

WISKUNDE WERKBOEKE

Wiskunde Werkboek 1 wat fokus op optelling. Hierdie werkboek bevat verskeie aktiwiteite. Dit kan gebruik word vir intervensie of vir u kind by die huis. Dit is geskik vir leerders van graad 4 tot 7.

Wiskunde werkboek 3 fokus op vermenigvuldiging. Bevat verskeie aktiwiteite. Dit is in PDF-formaat. 25 bladsye.

Werkboek 1 & werkboek 3

Little One – vir die kleintjies

‘n Vorm boekie met 8 vorms (sirkel, driehoek, vierkant, reghoek, ovaal, hart, diamant, ster). Elke vorm kan afsonderlik behandel word en dan vorm dit saam ‘n groot vorm boekie. –> Kry dit hier

‘n Getal boekie met getalle 1-10. Elke getal kan afsonderlik behandel word en dan vorm dit saam ‘n groot 1-10 getal boekie. –> Kry dit hier

‘n Vorm boekie met 7 kleure (rooi, blou, groen, geel, oranje, pienk, pers). Elke kleur kan afsonderlik behandel word en dan vorm dit saam ‘n groot kleur boekie. –> Kry dit hier

‘n Letter boekie met elke letter van A-Z (hoof- en kleinletters). Elke letter kan afsonderlik behandel word en dan vorm dit saam ‘n groot A-Z letter boekie. –> Kry dit hier

Ander werkboeke

Kyk mamma, ek leer lees en skryf

‘n Opvoedkundige leer lees en skryf oefening boek wat kinders help in die grondslag fase van leer lees en skryf. “Kyk mamma, ek leer lees en skryf” is saamgestel vir tuis gebruik, sowel as in die klaskamer. Dit kan gebruik word as ‘n hulpmiddel, ‘n Graad R of Graad 1 kurrikulum boek en ook as ‘n hersiening boek.

Lees meer hier.

Kyk mamma, ek word groot

‘n Opvoedkundige voorskool oefening boek wat kinders help in die grondslag fase van letter- en syfer onderskeiding. “Kyk mamma, ek word groot” is saamgestel vir tuis gebruik, sowel as in die klaskamer. Dit kan gebruik word as ‘n hulpmiddel, ‘n voorskool of Graad R kurrikulum boek en ook as ‘n hersiening boek. Dit is wonderlik vir mammas wat se kinders ekstra stimulasie nodig het.

Lees meer hier.

 

Graad 4, 5, 6 en 7 Afrikaanse Taalwerkkaarte

40 + taalwerkkaarte in elke pakket

Graad 4

Graad 5

Graad 6

Graad 7

 

Aanvullende werk vir graad 2 en 3

Hierdie boekie bestaan uit 40 bladsye propvol aktiwiteite vir daardie maatjies wat altyd eerste klaar is. Ringbind die boekie en gee vir elke maat sy eie een. Die idee is hulle moet self die opdragte lees en doen. Ook in Engels.

Kry dit hier

 

SKRIFBOEKIE

Volledige drukskrif boekie van Aa – Zz met sinnetjie aan die onderkant. Geskik vir die aanleer en vorming van letters.

Kry dit hier

 

 

BESIGE BYTJIES – GRAAD 1

Hierdie boekie is saamgestel vir daardie maats wat altyd vinniger werk as die res van die klas. Dit is so saamgestel, dat hulle dit self kan lees en doen. Dit bestaan uit Huistaal, Wiskunde, Addisionele Taal asook prettige oefeninge. Die boekie bestaan uit 40 bladsye propvol aktiwiteite.

Kry dit hier

Teken in op ons nuusbrief: Klik hier!

 

Nog toetse en vraestelle

Nog Vraestelle.png

Hierdie tyd van die jaar is almal mos op soek na vraestelle! Die eksamens is om die draai en onderwysers sowel as leerders moet voorbereid wees! Om deur vraestelle te gaan is natuurlik nie die beste studiemetode nie. Dit kan immers nie harde leerwerk vervang nie, maar dit kan help om leerders eksamen-fiks te maak. Hierdie hulpmiddels is alles op TEACHA! beskikbaar.

AFRIKAANS HUISTAAL / EAT

Afrikaans Graad 3 Begripstoets en Kreatiewe Skryf, Werkkaart 1

Afrikaans Gr.3 Begripstoets en Kreatiewe Skryf, Werkkaart 2

Afrikaans Gr.3 Begripstoets, Werkkaart 3

Afrikaans Gr.3 Begripstoets en Kreatieweskryf, Werkkaart 4

Afrikaans Graad 4, 5 en 6 Vraestelle

Graad 4 Basislyn 2016

Afrikaans EAT Hersieningsoefening Senior Fase

 

WISKUNDE

Getalkombinasies Spoedtoetse

Graad 4 Wiskunde Toets – Kwartaal 1+ MEMORANDUM

GRAAD 7 Junie Wiskunde EKSAMEN – PDF (Non Edit)

Wiskunde EKSPONENTE opsomming

Wiskunde Toets Gr.6 / Mathematics Test Gr.6 – Kwartaal 1/Term 1 + Memorandum

Wiskunde voorbereiding toets – Kwartaal 3 – Graad 4 + MEMORANDUM

Wiskunde Graad 4, 5 en 6 verskeie vraestelle

 

LEWENSORIËNTERING

Lewensoriëntering Graad 8 Junie Vraestel

Lewensoriëntering Graad 8 Maart Vraestel

Lewensoriëntering Graad 8 November Vraestel

Lewensoriëntering Gr.8 September Vraestel

 

GASVRYHEIDSTUDIES

Gr. 10 Gasvryheidstudies – Higiëne. Werkkaart / klastoets.

Gr. 10 Gasvryheidstudies – Resepinterpretasie. Werkkaart / klastoets.

Gr. 10 Gasvryheidstudies – Spyskaartbeplanning. Klastoets / werkkaart.

 

TOERISME

Gr. 10 Toerisme – Aardverwarming werkkaart/klastoets

Gr. 10 Toerisme – Akkommodasie. Werkkaart / klastoets.

Gr. 10 Toerisme – Akkommodasie 2. Werkkaart / klastoets.

Gr. 10 Toerisme – Binnelandse toerisme. Werkkaart / klastoets.

Gr. 10 Toerisme – Die Attraksie sektor. Werkkaart / klastoets.

Gr. 10 Toerisme – Die Openbare- en privaat sektor. Werkkaart / klastoets.

Gr. 10 Toerisme – Fauna en flora. Werkkaart / klastoets.

Gr. 10 Toerisme – Fauna en flora 2. Werkkaart / klastoets.

Gr. 10 Toerisme – Kaartwerk 1. Werkkaart / klastoets.

Gr. 10 Toerisme – Kaartwerk 2. Werkkaart / klastoets.

Gr. 10 Toerisme – Kaartwerk 3. Werkkaart / klastoets.

Gr. 10 Toerisme – Kommunikasie en kliëntesorg. Werkkaart / klastoets.

Gr. 10 Toerisme – Kultuur en erfenis. Werkkaart / klastoets.

Gr. 10 Toerisme – Suid-Afrikaanse Nasionale Parke. Werkkaart / klastoets.

Gr. 10 Toerisme – Toeriste Attraksies, Provinsies. Werkkaart / klastoets.

Gr. 10 Toerisme – Verantwoordelike toerisme. Werkkaart / klastoets.

Gr. 10 Toerisme – Vervoer. Werkkaart / klastoets.

Gr. 10 Toerisme – Voedsel- en Drankinstellings. Werkkaart en klastoets.

Gr. 10 Toerisme – Wat is ‘n toeris. Werkkaart / klastoets.

 

Toerisme Graad 10 – Finale Eksamen met Memo (November)

Toerisme Graad 10 – Siklustoets met Memo (April)

Toerisme Graad 10 – Siklustoets met Memo (September)

Toerisme Graad 10 – Siklustoets met Memo (September) – Oopboek

 

EBW

Gr. 8 EBW – Vakbonde Werkkaart/klastoets

Gr. 8 EBW – Geld en die ekonomie. Werkkaart/klastoets

 

NATUURWETENSKAPPE

Gr. 8 Natuurwetenskappe – Fotosintese werkkaart/klastoets

Natuurwetenskappe en Tegnologie hersiening

Natuurwetenskappe en Tegnologie Hersiening – Graad 4

Natuurwetenskappe en Tegnologie Hersiening vir Kwartaal 1 [Graad 4/5/6]

Natuurwetenskappe en Tegnologie Hersiening vir Kwartaal 2 [Graad 4/5/6]

Natuurwetenskappe en Tegnologie Hersiening vir Kwartaal 3 [Graad 4/5/6]

Natuurwetenskappe en Tegnologie Hersiening vir Kwartaal 4 [Graad 4/5/6]

Natuurwetenskappe en Tegnologie Junie eksamenvraestel [Graad 4]

Natuurwetenskappe en Tegnologie Kwartaal 1 hersiening [Graad 6]

Natuurwetenskappe en Tegnologie Kwartaal 1 toets [Graad 5]

Natuurwetenskappe en Tegnologie Kwartaal 2 eksamen vraestel [Graad 5]

Natuurwetenskappe en Tegnologie Kwartaal 2 hersiening [Graad 6]

 

SOSIALE WETENSKAPPE

Graad 4 SW Kaartwerk Hersieningstoets Tweede Kwartaal

Lewensvaardigheid: PSW Kwartaal 1 toets

Sosiale Wetenskappe Informele assessering – Geografie [Graad 4]

Sosiale Wetenskappe: Geografie eksamenvraestel [Graad 4]

Sosiale Wetenskappe: Geografie eksamenvraestel [Graad 5]

Sosiale Wetenskappe: Geografie Informele toets [Graad 4]

Sosiale Wetenskappe Geskiedenis Kwartaal 2 eksamen vraestel vir graad 4.

Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis informele toets [Graad 5]

SW (Aardrykskunde) Graad 4 Eindeksamen 2015

SW (Geskiedenis) Graad 4 Eindeksamen 2015

SW Graad 4 Geografie TOETS – Kaartvaardighede

SW Gr.4 Geskiedenis TOETS – Leer by leiers

SW Gr.4 Toets Kwartaal 1 Geografie

 

TEGNOLOGIE

Tegnologie Graad 7 – Maart Formele Assessering

Tegnologie Graad 7 – Maart Formele Assessering – MEMORANDUM

 

SIVIELE TEGNOLOGIE

Siviele Tegnologie Graad 10 Junie Vraestel

Siviele Tegnologie Graad 10 September Vraestel

Siviele Tegnologie Graad 10 Maart Toets

Siviele Tegnologie Graad 10 November Vraestel

 

*Onnies, pasop om nie die hele vraestel net so te gebruik nie, omdat TEACHA! ‘n oop markplek is en ouers en leerders dalk ook toegang tot die vraestelle kan hê.

DAAR IS BAIE ANDER WAT NIE OP HIERDIE LYS IS NIE – KLIK HIER OM DIE KATEGORIE TE SIEN!

Teken in op ons nuusbrief: Klik hier!

Gladdebek – Hulpmiddels vir taalonnies

gladdebek hulpmiddels

Gladdebek se leuse is ‘Want praat is lekker’. Taalvaardighede is die hoofbestanddeel van ‘n suksesvolle skoolloopbaan.
1_logo

Gladdebek se hooffokus is die Huistaal- en Eerste Addisionele Taal-leerder in graad 10-12. Hierdie leerders moet met selfvertroue kan praat, luister, skryf en lees.

Al Gladdebek se hulpgidse word noukeurig volgens die KABV en Departementele eksamenriglyne opgestel.
2_banner

Hier is ‘n paar van Gladdebek se gewildste hulpgidse:

3_Praat Mondeling

PRAAT! Mondeling – ‘n Hulpgids vir Afrikaans Huistaal graad 10–12

Hierdie hulpgids bevat alles wat taalonnies en leerders in graad 10-12 oor mondeling moet weet. Dit sluit onnie-notas oor voorbereide en onvoorbereide toesprake, asook luistebegripsoefeninge in. Daar is voorbeelde van opdragte en rubrieke, en ‘n volledige luisterbegripsoefening met ‘n memorandum.
4_Kuns van Poësie

Die Kuns van Poësie – ‘n Hulpgids vir Afrikaans Huistaal graad 12

Poësie hoef nie misterieus te wees nie! Met Gladdebek se hulpgids maak al die tegniese terme skielik meer sin! Hierdie hulpgids bevat ‘n hele lang lys stylfigure en poësieterme wat leerders in graad 12 moet ken. Elke term word verduidelik en voorbeelde word uit die voorgeskrewe gedigte vir Afrikaans Huistaal graad 12 gegee. ‘n Maklike ontledingsmetode word bespreek en leerders leer hoe poësie in toetse en eksamens getoets word.
5_Opsteluitdaging

Opsteluitdaging – Die skryfuitdaging wat jou leer hoe om ‘n opstel te skryf

Hierdie hulpgids is geskik vir beide Huistaal en Eerste Addisionele Taal. Dit is in beide Engels en Afrikaans beskikbaar.

Opstelskryf bly maar ‘n kopseer vir onnies en leerders. Dit verg deeglike oefening – iets waarvoor daar nie altyd in die klas tyd is nie. Hierdie hulpgids gebruik drie stappe om die proses sommer lag-lag pret te maak:

Stap 1: Leer (‘n opsomming van ‘n tegniek of begrip)

Stap 2: Oefen (die tegniek of begrip word met prettige oefeninge ingeoefen)

Stap 3: Skryf (die leerder kies uit honderde onderwerpe en skryf self)

6_Kreatiewe Skryfwerk Briewe (1)

Kreatiewe Skryfwerk Boek 1 – Briewe

Met hierdie hulpgids sal briefskryf nooit weer vervelig wees nie!

Die gids is geskik vir beide Huistaal en Eerste Addisionele Taal graad 9–12 en is in Afrikaans en Engels beskikbaar.

Net soos in die Opsteluitdaging, word drie stappe ook hier toegepas:

Stap 1: Leer (‘n opsomming van die kenmerke van die teks en ‘n voorbeeld)

Stap 2: Oefen (enkele elemente word met prettige oefeninge ingeoefen)

Stap 3: Skryf (die leerder kies uit ‘n verskeidenheid onderwerpe en skryf self)

 

Besoek die Gladdebek winkel hier vir meer Afrikaanse hulpmiddels.

Teken in op ons nuusbrief: Klik hier!