Taal-gebaseerde aktiwiteite vir Grondslagfase onderwysers en taalterapeute

teacha-2017-blog-prentjie2-pptx

Gedurende die eerste kwartaal is daar altyd Graad 1 leerders van sommer vroeg-vroeg al vasval met lees. Gaan laai gerus hierdie  GRATIS program vir FONOLOGIESE BEWUSTHEID af.

fb-program-voorblad

Vir spesifieke vaardighede  is daar ‘n hele klomp produkte!

Rym

rym-voorblaaie

Klankgrepe

2-akt-saam

Gedurende die eerste kwartaal moet ons seker maak dat  kinders die BEGIN-KLANK kan identifiseer. Hierdie omvattende aktiwiteit is onmisbaar vir daardie “intervensie” sessies in die klaskamer .  Vir die taalterapeute is daar  ook ‘n taalbonus PLUS ‘n swart en wit tuisprogram! Presies wat onderwysers en taalterapeute nog  altyd wou gehad het!

sirkels-voorblad

Ouditiewe Analise en Sintese Aktiwiteite  . “Watter een begin met ‘n ander klank “ kan  vir kinders gegee word om alleen aan te pak, terwyl “Kom ons klank!” veral goed werk wanneer intervensie gedoen moet word.  “Rek die Ruspe Bingo” is ‘n speletjie en kan ook in groepe gebruik word.

analise-en-sintese-voorblaaie

Hier  is ‘n paar aktiwiteite/ programme spesifiek ontwikkel vir TAALTERAPEUTE.

taal-voorblaaie

Daar is ‘n hele arsenaal produkte vir sigwoorde! Genoeg werkkaarte vir die hele jaar – drukkervriendelik!

sigwoorde-voorblaaie

Klik hier en gaan loer na SpraakBorrel se winkel. Daar sal beslis iets vir jou wees!

spraakborrel-logo20

Wees gereed vir 2017 met My Klaskamer – Juffer se winkel

gereed-vir-2017

Dis die begin van ‘n nuwe skooljaar en daar is gewoonlik verskeie dae om tydens die skooljaar te vier.  Loer gerus na die 2017 Kalenderpakket vir ‘n rekenaar én ‘n drukbare weergawe om te volg.  Hierdie kopie sluit ook verjaarsdagkalenders (12 Bladsye) as ‘n ekstratjie in.  Hierdie kalenderpakket is ook in Engels beskikbaar.

afrkalender2017

Indien jy ‘n veeltalige klaskamer het, kan jy ‘n drietalige een probeer (Engels, Afrikaans, isiXhosa).

maande1-300x300

Kleurvolle dagprogramtydsgleufflitskaarte kan gebruik word om aspekte soos buitespel, peuseltyd, besprekingskring, ens. aan te dui, maar sluit ook naam- en rakkaartjies in 11 temas in.

15825835_1245607238819219_7806075403931762564_n

Kleurvolle klanke muurkaarte (ideaal vir die Grondslagfase-klaskamer) in Afrikaans en Engels, is as ‘n pakket beskikbaar.  Indien jy dit as skrif- of kleikaarte verkies, is daar kleurvolle kaarte in beide tale beskikbaar.  Soortgelyke prente (bv. a is vir appel) is in ‘n meer gevorderde Klankhersieningsboekie (vir die enkelklanke  én klinkerkombinasies) beskikbaar – in Engels en Afrikaans onderskeidelik.

14750653_401733623283617_4509829494613213184_n

Meer ontwikkelings- en hersieningstake is in die Dubbel-, Twee- en Drieklanke of Vowel Blends pakkette beskikbaar.

15351924_1103177003133156_500243473849384960_n

Die Enorme Klanke Mengelmoeskardoes dek die enkel-, dubbel-, twee- en drieklankgidse, asook kleurvolle geïllustreerde flitskaarte – ‘n bietjie meer as 400 bladsye in totaal.

15276405_1448305491864178_3853949913628934144_n

My Klaskamer het ook woordelyste (woordeboeke vir beginners), sigwoordflitskaarte en oggendbundels vir Engelse én Afrikaanse leerders. 

15085241_1237409419667382_7595123967568904192_n

Wil julle graag op die visuele persepsies fokus?  Loer gerus na die twee gidse in een pakket.  Merk jy b/d-verwarrings?  Loer gerus na hierdie werksvelle.

14546840_1198774170166462_1639114435328999424_n

Vir skrifvelle, kan jy na die drukskrifvelle en lopende skrif velle loer.  Die lopende skrif velle sluit ook muurkaarte (‘n letter per bladsy) in of fokus op natrekwerk.

14546858_1225766094155365_6833159866899496960_n

Beginners, kan aanvanklik na syfers en hoeveelhede loer (bv. prente en getalname) en ‘n getalnaamgidsie gebruik in hul werk.  Loer ook na konsepte soos “meer en minder”, “voor en na”, “halvering en verdubbeling”, “ewe en onewe getalle”, geld, tyd (en tydwerksvelle),woordsomme, maaltafels (en veelvoude), maal- en deelsomme en breuke.  Die meeste van hierdie dokumente is onderskeidelik in Engels en Afrikaans verkrygbaar.

14546919_1506961872652736_2658601407812206592_nKom loer gerus by My Klaskamer vir ‘n verskeidenheid van ongeveer 160 produkte in.

cover image.png

Kwaliteit werkboeke vir die Grondslagfase

werkboeke vir grondslagfase.png

Vrywaring: Hierdie inskrywing is geborg deur Depicta en het reeds op Onnies Online verskyn.

Grondslagfase-onnies weet dat dit verskriklik baie moeite verg om werkboekies op te stel en te laat druk. Of om werkkaarte uit te werk en een vir een in ‘n boek te plak (wat somtyds in chaos ontaard!). Afrolwerk word ook al duurder en duurder. Hierdie uitstekende, gewilde werkboekies van Depicta is iets wat jou baie kan help. Dit gaan definitief ook baie help met vaslegging in die klas en as huiswerkies.

Ek het al voorheen oor Depicta se wonderlike hulpmiddels geskryf en glo my, onnies is mal oor hulle hulpmiddels, hulle flink diens en beskostigbare pryse, veral vir skole wat nie groot begrotings het nie.

So, wat bied Depicta dan anders as plakkate?

Depicta het ‘n groot verskeidenheid werkboekies vir die Grondslagfase. Dit sluit in werkboekies vir spelling, klanke, handskrif (lopende skrif en drukskrif), woordeboekies, taalleer in Engels en Zoeloe asook Wiskunde. Hierdie werkboekies is deur Depicta se bekwame span ontwikkel, wat al dekades se ondervinding het. Die Graad 1 Wiskunde werkboekies is ook splinternuut en die Graad 2 en 3 werkboekies sal teen die einde van September gereed wees – daar is twee boekies vir elke graad. Dit dek al die vaardighede wat uiteengesit is deur die KABV, insluitende woordprobleme. Dis ‘n omvattende reeks wat baie gebruikersvriendelik is.

Hier is ‘n paar voorbeelde van die werkboekies. Daar is ook voorbeelde van hoe dit binne-in lyk wanneer jy op die skakel klik op hulle aanlynwinkel.

Klik hier om die webtuiste te besoek.

Wat bied Depicta nog?

Depicta het ook ‘n nuwe reeks Wiskunde-onderwysersgidse wat ontwikkel is deur Louise Scheinuk (MEd). Sy het jare ondervinding in onderwyseropleiding en was self ‘n Wiskunde-onderwyseres en ook ‘n dosent in Wiskunde-onderrig. Sy het ook verskeie werkswinkels namens AMESA aangebied. Hierdie gidse help Wiskunde-onnies in die Intersen fases om Wiskunde beter aan te bied. Soms is dit nodig om uit die boks te dink en dalk die ‘Wiskunde-onder-die-Wiskunde’ beter te verstaan. Dit kan jou ook help as ewe skielik in die diepkant ingegooi is en jy moet weer Wiskunde aanbied na ‘n paar jaar. Nuwe onnies sal natuurlik ook baie baatvind by hierdie boekies.

Hier is ‘n paar voorbeelde (en dis spotgoedkoop!):

wisknde hulpmiddels vir onderwysers.PNG

Onthou natuurlik dat Depicta ‘n wye reeks ander hulpmiddels het soos plakkate en die oulikste plakkers. My klaskamer is natuurlik vol van hierdie plakkate en ek gebruik nogsteeds hulle plakkers van die eerste dag wat ek al skoolgee. Hulle het ook oulike leesboekies wat jy vir jou klas kan bestel.

 Hoe bestel ek?

Die maklikste manier om te bestel is deur gebruik te maak van hulle aanlynwinkel. Indien jy nog nie te vertroud is met die proses nie, kan jy ‘n bestellingsvorm invul en dit via faks of e-pos aanstuur. Jy kan ook ‘n katalogus hier aflaai. Onthou dat werkboekies per kind bestel moet word en dat geen materiaal gefotostateer mag word nie.

Besoek Depicta se aanlynwinkel hier

Kontak Depicta:

E-pos: info@depicta.co.za

Telefoon : 011 462 3512

Faks: 086 554 4329

Flitskaarte vir Afrika!

flitskaarte vir afrikaans

As daar nou een ding is wat vir ewig vat om te maak, is dit flitskaarte. Hier is ‘n paar oulike digitale hulpmiddels wat jou kan help om jou voorbereiding ‘n bietjie minder te maak. Hierdie tipe ding maak mens ook mos net een keer.

‘n Paar UITSTEKENDE hulpmiddels:

flitskaarte 1 - teacha.PNG

Afrikaanse Sigwoorde Graad 1 

Hierdie pakket verskaf omvattende sigwoord-oefeninge vir Graad 1, kwartaal 1-4. Daar is 21 werkkaarte asook ‘n stel van 6 flitskaarte vir 12 sigwoorde. Huiswerkkaarte is ingesluit. Ideaal vir aanvangslesers, sukkelende lesers asook daardie vroeë klaarmakers! Daar is vier stelle in hierdie reeks, elk propvol hulpmiddels.

flitskaarte 2 - teacha.PNG

Dae, Weke, Maande

15 A4-velle:

Flitskaarte en Blaaie om konsepte soos dae in ‘n jaar, dae in ‘n week, maande in ‘n jaar, ens. te verklaar. Dit sluit 7 bonus flitskaartvelle in.

flitskaarte 3 - teacha

Basiese spelreëls of riglyne om f- en v-woorde te skryf, ‘n woordsoek, flitskaarte, ‘n legkaart en werksvelle (met woordbanke). [13+ A4-Bladsye].

flitskaarte 4 - teacha

Flitskaarte met Familie-, Sport-, Vervoer- en Liggaamswoorde.

Dié kombinasie dek ongeveer 36 A4-bladsye – met 2 woorde per bladsy. [71 woorde]

  • Druk die woorde uit, lamineer en gebruik op jou woordmuur.
  • Gebruik die woorde as byskrifte vir groot muurprente.
  • Trek die kinders op ongedrukte koerantpapier af en gee vir hulle die liggaamswoorde om hul eie byskrifte te maak.
  • Maak groot tekeninge van verskillende familielede, knip dit uit en maak ‘n muur collage.  Maak ‘n gang vol verskillende gesinne en families.  Voeg die byskrifte by.
  • Verklein die woorde sodat elke kind sy/haar eie prente kan skep en met byskrifte kan toelig (trek na, knip uit en plak).

flitskaarte 5 - teacha

2 Bladsye met die kleurwoorde in kleur.

  • Knip een bladsy se woorde uit en pas op die groot vel.
  • Knip beide velle uit om “snap” of ‘n geheuespel te speel.
  • Gebruik op jou woordmuur.

flitskaarte 6 - teacha

aa, oo, uu, ee

Verskillende woordelyste volgens rymwoorde/woordfamilies in twee verskillende lettertipes. Gebruik as flitskaarte, spellyste of op die woordmuur. Die stelle is ook afsonderlik beskikbaar.

flitskaarte 7 - teacha

Verskillende woordelyste volgens rymwoorde/woordfamilies in twee verskillende lettertipes. Gebruik as flitskaarte, spellyste of op die woordmuur.

[oe, ou, ui, ei, ie, eu, aai, ooi, eeu, oei]

flitskaarte 8 - teacha

‘n Gespikkelde (kleinletter-) alfabet én mini-muurkaarte om…

jou kennisgewingsbord of woordmuur mee te versier… of skrif te oefen.

  • Druk dit op gekleurde papier en sny in stroke om ‘n raampie te vorm.
  • Verklein die velle in mini-boekies sodat die outjies dit kan na trek.
  • Plak die “klank van die week” met breë kleeflint op die tafel en laat die outjies dit natrek met witbordveselpenne.
  • Druk die letters op gekleurde papier, sny deur en gebruik dit as deel van jou woordmuur.
  • Ideaal vir ‘n klas met ‘n “Hollywood” of Mickey Mouse-tema.

(Sien ook:  Spikkelwoorde, Muurkaarte,Werkboek, Woordeskat)

flitskaarte 9 - teacha

35 bladsye met ongeveer 8 sigwoorde of hoë-frekwensie woorde op elkeen.  Laai af, beskerm met breë kleeflint of lamineer.  Gebruik dit as flitskaarte of teen die muur.

flitskaarte 912 - teacha

Laai hierdie oulike plakkate oor vervoermiddels af en druk dit op A4 bladsye uit. Daar is 14 bladsye in totaal!

flitskaarte 911 - teacha

2x, 3x, 4x, 5x, 10x, 11x, 12x

Gebruik die velle as muurkaarte, flitskaarte of legkaarte ter hersiening.  Druk elke stel op ‘n unieke kleur.

Hierdie hulpmiddels is alles hier beskikbaar.

Baie is ook in Engels beskikbaar.

Bonus:

Hier kan jy lekker baie gratis flitskaarte kry.

 

Hulpmiddels vir die kleintjies in graad RR en R

grondslagfase hulpmiddels in afrikaans

Hierdie oulike hulpmiddels sal jou baie tyd bespaar in jou grondslagfase-klaskamer! Dit kan ook lekker werk vir skoolgereedheidsoefeninge wat deur ouers met hulle kinders gedoen kan word. Kyk gerus na hierdie lys Afrikaanse hulpmiddels op Teacha! Vir graad RR, R en dalk sommer vir jonger kinders.

Supergoedkoop werkkaarte vir kleintjies:

Alfabet werkkaarte vir Graad RR (4-5jaar)

Klik hier vir meer
Nommer 1-20 See tema (4-5jaar) – ook in Engels!


Klik hier vir meer

Klanke werkkaarte

Leerders leer hoe verskillende klank lyk, sowel as hoe om dit te skryf en te identifiseer.

Lekker oefeninge word gegee, met verskeie woorde wat leerders moet identifiseer.

 


Meer by KOMMA, Leer-en-leessentrum
Leer om tyd te lees

60 A4-werksvelle en 6 muurprente om analoogtyd aan te spreek.

Klik hier vir meer

 

Oefeninge vir skrif – Natrek

Hierdie pakket bevat 10 aktiwiteite oor patrone, nommers en letters.

Klik hier vir meer

Nog druksrif skrifoefeninge

33 Afrikaanse skrifblaaie om na te trek.  Dit sluit ‘n oorspronklike rympie per Afrikaanse letter (sluit c, q, x, z uit) en mini-skriflesse in. Gebruik skerp kleurpotlode vir die patrone en gewone grys potlode vir die letters en woorde.  Volg die kolletjies en pyltjies om die skryfrigting (lettervorming) te bemeester.

drukskrif natrekwerk juffer op teacha

Klik hier vir meer

Daar is nog vele meer hulpmiddels op hierdie webtuiste waarvan jy kan kies. Dis gewoonlik nie meer as R30 vir ‘n stel werkkaarte nie en jy kan dit natuurlik oor en oor gebruik.

Klik hier om ook Engelse hulpmiddels te sien.

 

Grondslagfase-hulpmiddels!

grondslagfase hulpmiddels in afrikaans

Onnies in die grondslagfase het soveel voorbereiding om te doen vir hulle lesse. Hierdie paar hulpmiddels sal help om sommer baie tyd te bespaar.

Wiskunde Woordsomme (maal en deel, plus en minus)

55 A4-bladsye met verskeie soorte woordsomme – 2 per bladsy [110 somme – 70 nuwes + die Woordprobleme elders]. Druk op weerskante van die bladsy en bind in ‘n hersieningsboekie. Klik hier.

 

woordsom

Nommer van die dag werkvel

A4-bladsy wat gebruik kan word om probleme met ‘n nommer van die dag op te los. Klik hier.

NvdD-2syfer-PRE

Juffrou, ek’s klaar!

Plak hierdie oulike kaartjies op roomysstokkies en gee dit vir leerders wat klaar is met hulle werk. Dit hou hulle sommer uit die moeilikheid uit! Klik hier.

Screenshot-2016-03-05-22.48.21

Alfabetvlaggies

Hang hierdie oulike ‘bunting’ in jou klas op. Dis in verskillende kleure beskikbaar.

original-2389104-1

Veiligheid, reëls, regte en verantwoordelikhede

‘n Interaktiewe Power Point les geskik vir Gr 3 leerders – Lewensvaardigheid – in totaal 27 skyfies. In hierdie reeks word ander Lewensvaardigheid Power Point lesse ook beskikbaar gestel, nl:

Gesondheid en eerste hulp.
Gevoelens.
Dinge wat ons gelukkig maak.
Goeie en swak maniere.
Beskerm ons omgewing.
Insekte.
Kom ons bou ‘n komposhoop.
My troeteldier.
Gesonde eetgewoontes.

Klik hier.

Screen Shot 2016-04-26 at 1.33.57 PM

A4 Klanke Matjies

A4-velle vir die hersiening of vaslegging van die 22 Afrikaanse enkelklanke. Gebruik dit as muurkaarte, trek na of vorm die klanke met kleiwurmpies. Beskerm in lêersakkies of lamineer. (Sluit c, q, x, z uit.)
Gebruik in samewerking met die KLANKE / WOORDESKATBOEK.

Klik hier!

Enkelklanke

Hierdie hulpmiddels is alles op Teacha! beskikbaar en is alles deur onnies wat self skoolhou gemaak. Gaan soek gerus vir ander uitstekende hulpmiddels. Hier is honderde ander grondslagfase hulpmiddels.

Like ons op Facebook vir meer Afrikaanse hulpbronne wat jy in jou klaskamer kan gebruik.