Hulpmiddels om leer hope pret te maak

leer hope pret te maak

Lomi, deur Lizelle Rademeyer, se hulpmiddels is fantasties. Hierdie digitale produkte in Afrikaans en Engels is vir onderwysers en tuisonderwys ouers om leer hope pret te maak.

Hier is ‘n paar van ons gunstelinge:

Meeste Maaltafels in ‘n ry

10 Speletjie bladsye om maaltafels te oefen

langste-maaltafel

Getal van die dag

Getal van die dag invulbare werkvelle

getal-vd-dag-2-voorbeeld

Dino Raaisels en Kop-Krappers

Dino Raaisels en Kop-Krappers bevat 14 raaisels, logika en perseptuele probleme – almal rondom ‘n dinosourus tema vir die jongspan. Kom krap saam kop.

Dino-Voorblad

Lente Pret-Pak: Graad 3 (Ook beskikbaar vir ander grade!)

Die Lente Pret-pak bevat 10 aktiwiteite (met antwoordstel) vir graad 3. Dit bevat aktiwiteite om basiese wiskunde vaardighede in te oefen soos optel en aftrek binne 100, getal rangskikking, grafieke, breuke, 2-, 3-, 4-, en 5-maaltafel en ‘n woordsoek.

Lente-graad-3-voorblad

Reëndag Speletjies

Reëndag Speletjies vir graad 1 – 3 Graad 1-3, optel, aftrek, datahantering, grafieke, Afrikaans, Wiskunde

Speletjies-VB

Reëndag Kop-krappers en logika speletjies

Reëndag Kop-krappers en logika speletjies vir graad 1 tot 4.

Reendag-V

Super-oulik!

Besoek die Lomi-winkel hier

RSA Teaching Jobs (3).png

Teken in op ons nuusbrief: Klik hier!

Toerisme, Gasvryheidstudies EN Grondslagfase-hulpmiddels!

komma-opvoedkundige-produkte

Aandag onnies!

Is jy moeg gesukkel?

Almal weet dat om ‘n onderwyser te wees HARDE werk verg. Lesbeplanning, die opstel van werkkaarte, aktiwiteite, vraestelle, memorandums, ens. neem die meeste van ons kosbare tyd op selfs nog voordat jy eens ‘n voet in die klaskamer gesit het.  

Ons poog dus om u werk makliker en minder te maak deur voorafsaamgestelde aktiwiteite, toetse, werkkaarte ens. tot u beskikking te stel teen ‘n baie bekostigbare prys.

Wiskunde

wisk-breuke

Kyk gerus na die volgende skakels:

Wiskunde  Graad 3

Tel tot 20 Werkkaart

Wiskunde Graad 3/4 – Breuke Werkkaart

Afrikaans

bl-kr-gr-woorde-aflaaibare-werkkaartu-woorde

En veel meer!

Engels

isaream-werkkaart1

Engelse sh-woorde

Engelse th-woorde

Engelse is, am, are-werkkaart

Kyk gerus ook na ons hulpmiddels vir die VOO-fase:

Gasvryheidstudies

Toerisme

asook EBW vir die Senior Fase!

 
Teacha.png

Kwaliteit werkboeke vir die Grondslagfase

werkboeke vir grondslagfase.png

Vrywaring: Hierdie inskrywing is geborg deur Depicta en het reeds op Onnies Online verskyn.

Grondslagfase-onnies weet dat dit verskriklik baie moeite verg om werkboekies op te stel en te laat druk. Of om werkkaarte uit te werk en een vir een in ‘n boek te plak (wat somtyds in chaos ontaard!). Afrolwerk word ook al duurder en duurder. Hierdie uitstekende, gewilde werkboekies van Depicta is iets wat jou baie kan help. Dit gaan definitief ook baie help met vaslegging in die klas en as huiswerkies.

Ek het al voorheen oor Depicta se wonderlike hulpmiddels geskryf en glo my, onnies is mal oor hulle hulpmiddels, hulle flink diens en beskostigbare pryse, veral vir skole wat nie groot begrotings het nie.

So, wat bied Depicta dan anders as plakkate?

Depicta het ‘n groot verskeidenheid werkboekies vir die Grondslagfase. Dit sluit in werkboekies vir spelling, klanke, handskrif (lopende skrif en drukskrif), woordeboekies, taalleer in Engels en Zoeloe asook Wiskunde. Hierdie werkboekies is deur Depicta se bekwame span ontwikkel, wat al dekades se ondervinding het. Die Graad 1 Wiskunde werkboekies is ook splinternuut en die Graad 2 en 3 werkboekies sal teen die einde van September gereed wees – daar is twee boekies vir elke graad. Dit dek al die vaardighede wat uiteengesit is deur die KABV, insluitende woordprobleme. Dis ‘n omvattende reeks wat baie gebruikersvriendelik is.

Hier is ‘n paar voorbeelde van die werkboekies. Daar is ook voorbeelde van hoe dit binne-in lyk wanneer jy op die skakel klik op hulle aanlynwinkel.

Klik hier om die webtuiste te besoek.

Wat bied Depicta nog?

Depicta het ook ‘n nuwe reeks Wiskunde-onderwysersgidse wat ontwikkel is deur Louise Scheinuk (MEd). Sy het jare ondervinding in onderwyseropleiding en was self ‘n Wiskunde-onderwyseres en ook ‘n dosent in Wiskunde-onderrig. Sy het ook verskeie werkswinkels namens AMESA aangebied. Hierdie gidse help Wiskunde-onnies in die Intersen fases om Wiskunde beter aan te bied. Soms is dit nodig om uit die boks te dink en dalk die ‘Wiskunde-onder-die-Wiskunde’ beter te verstaan. Dit kan jou ook help as ewe skielik in die diepkant ingegooi is en jy moet weer Wiskunde aanbied na ‘n paar jaar. Nuwe onnies sal natuurlik ook baie baatvind by hierdie boekies.

Hier is ‘n paar voorbeelde (en dis spotgoedkoop!):

wisknde hulpmiddels vir onderwysers.PNG

Onthou natuurlik dat Depicta ‘n wye reeks ander hulpmiddels het soos plakkate en die oulikste plakkers. My klaskamer is natuurlik vol van hierdie plakkate en ek gebruik nogsteeds hulle plakkers van die eerste dag wat ek al skoolgee. Hulle het ook oulike leesboekies wat jy vir jou klas kan bestel.

 Hoe bestel ek?

Die maklikste manier om te bestel is deur gebruik te maak van hulle aanlynwinkel. Indien jy nog nie te vertroud is met die proses nie, kan jy ‘n bestellingsvorm invul en dit via faks of e-pos aanstuur. Jy kan ook ‘n katalogus hier aflaai. Onthou dat werkboekies per kind bestel moet word en dat geen materiaal gefotostateer mag word nie.

Besoek Depicta se aanlynwinkel hier

Kontak Depicta:

E-pos: info@depicta.co.za

Telefoon : 011 462 3512

Faks: 086 554 4329